<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

SA top bul van Mokopane

 
Galleries : 21 Oct 2016 422 Viewed 0

MOKOPANE - Die Brahmaan bul BAR 1380 Sir Hercules van Wilbar Brahmane by Mokopane het geskiedenis gemaak toe hy tydens die onlangse Vee Expo as SA se eerste nasionale interras kampioen aangewys is.
Sir Hercules kom uit die stoet van Willem en Adri Barnard. Hy is deur vyf interras beoordelaars saam met die jaar se wenners van die groot skoue regoor die land beoordeel en as die senior bul wenner aangewys en later ook gekroon as SA se algehele interras kampioen. “Tot nou toe kon ‘n bees net ‘n skou of dalk ‘n paar skoue se interras wenner wees, maar om hom of haar die nasionale kampioen te noem was onmoontlik.”
Die Barnards het die plaas Rondebosch, buite Mokopane, in 2001 gekoop en hul stoet, Wilbar Brahmane in 2006 geregistreer. Vandag produseer hulle van die land se top Brahman genetika op dieselfde plaas waar Hans Herbst in 1963 sy eerste Brahmane van Amerika af afgelaai het. “Hierdie bul is so mak soos ‘n lammetjie,” sê Adri wat wys hoe hy gaan lê dat sy hom agter die oor kan krap (foto regs).
 

 

 

 
 

Adri Barnard

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube