-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Inwoners van Mokopane is al moedeloos met die toestand van die dorp se sypaadjies en middelmannetjies.
Die munisipaliteit trek eenvoudig skouers op wanneer daar op die vervalle toestand van die dorp verwys word en voer aan dat daar nie mannekrag is om die werk te doen nie. Maar hierdie week het twee oortreders wat in die Mokopane landdroshof tot gemeenskapsdiens gevonnis is gewys wat met harde werk bereik kan word.
Hulle het die verkeersdriehoek op die hoek van JG Strydom en Thabo Mbeki-weg skoongemaak en sommer die gras en onkruid wat deur JG Strydomstraat se randstene groei afgespit.
Die DA het vir hierdie twee harde werkers middagete en koeldrank gekoop. Die Noordelike Nuus het hierdie week saam met die Mokopane Sakekamer verteenwoordigers deur die dorp gery en die vervalle toestand van die dorp se sypaadjies op foto’s vasgevang.
Lees alles daaroor in volgende week se Noordelike Nuus.
0 Comments