<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Soveel meer as net 'n langnaweek!

 
News : 09 Apr 2012 178 Viewed By Valerie Cilliers 0

“Dis jammer dat Paasfees soms vervlak tot ’n lekker af naweek waarna moeggewerkte mense uitsien. Dis ook jammer dat hasies en sjokolade sinoniem met hierdie tyd van die jaar geraak het. Dit sal wonderlik wees as mense weer die ware boodskap van Paasfees met hulle hele hart sal vier.” So sê Dr. Hennie Hoepfner van Lephalale.
“Die boodskap is: Jesus het vir ons gesterf, maar Hy het weer opgestaan en Hy lewe!”
Daarom is Paasfees vir Christene dié belangrikste fees op die kalender, selfs belangriker as Kersfees. En hoewel die Paasfees baie ouer as die Christendom is, het dit van die begin af verwys na die verlossing wat kom:
Die Pasga is ingestel as ‘n fees vir die Joodse nasie om die uittog uit Egipte te herdenk, spesifiek die nag waarop die Israeliete gevrywaar is van dood van die eersgeborenes wat Egipte getref het. Die bloed aan die deurkosyne en die uittog uit Egipte is skadu’s (Kol 2:17) van wat sou kom: ‘n Verlosser wat aan ‘n kruis sou sterf om ons uit slawerny (ons eie sondige bestaan) te bevry.
Die viering van Paasfees is uit dankbaarheid vir die uittog en verlossing vanuit die sondige natuur na ‘n nuwe mens wat moontlik gemaak is deur Jesus Christus se bloed en wat ewige lewe vir ons wat Hom volg beteken.
En hoewel die bemarkingsghoeroes die geleentheid gebruik om elke moontlike stukkie sjokolade in blink papier te probeer verkoop, hou baie Christene steeds vas aan die verhaal van ‘n Verlosser wat op die Vrydag inderhaas gekruisig is omdat Joodse leiers dit wou afhandel voor die Sabbat (Saterdag) - en wat op die Sondag opgestaan het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube