<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Planne vir klein Mikayla

 
'Meisiekind' die hond pas vir Mikayla op en het reeds drie slange op die plaas waar Mikayla woon doodgemaak.
News : 09 Apr 2012 314 Viewed By Valerie Cilliers 0

Willie en Janice Pelser van Kunkura Lodge net buite Lephalale was so aangeraak deur klein Mikayla Robbertse wat in Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is dat hulle besluit het om vir haar rekonstruksie operasie geld in te samel.
Hulle het ‘n rooibok geskenk en self kaartjies gedruk om uit te loot. Mikayla self het verlede Vrydag die wen kaartjie by Noordelike Nuus se kantore in Onverwacht getrek en Annatjie Swanepoel was die gelukkige wenner. Hulle het R8 020 ingesamel en wil aan almal wat kaartjies verkoop en gekoop het baie dankie sê.
Mikayla ontvang steed elke twee weke behandeling in Pretoria. Indien haar lewertjie voldoende herstel sal sy in Oktober ‘n rekonstruksie-operasie aan haar hand ondergaan.
Intussen het Noordelike Nuus verneem dat die hond wat deur Reptile Rescue aan Mikayla gegee is reeds drie Mosabiekse spoegkobras op die plaas waar sy woon doodgemaak het! Die hond, Meisiekind, is verlede week deur ‘n spoegkobra in die oog gespoeg, maar het met behandeling vinnig weer herstel.

 

 

 
 

Mikayla saam met Willie en Janice Pelser van Kunkura Lodge.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube