<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

VOO-Kollege vra insette van sakelui

 
VOO Kollege hoof-uitvoerende beampte, Patrick Mailula.
News : 30 Apr 2012 285 Viewed By Jasper Raats 0

MOKOPANE – “Ons het nodig dat julle ons vertel watter vaardighede julle as sakemanne en vroue nodig het sodat ons kursusse vir daardie vaardighede kan saamstel en aanbied.”
Dit was die boodskap van Mokopane VOO-kollege se hoof, Patrick Mailula, aan sakelui tydens die Mokopane besigheidskamer se ledevergadering verlede Donderdagaand.
‘n Groot groep besigheidsmanne en vroue het die vergadering by die VOO-kollege se hotelskool in Totiusstraat bygewoon.
Mailula het ‘n oorsig gegee oor die kollege se fasiliteite en watter tipes kursusse by die verskillende kampusse aangebied word. Sakelui was beïndruk met die standaard van fasiliteite by die hotelskool en was aangenaam verras om te hoor dat die landbousentrum by Sterkrivier soos ‘n volwaardige plaas bedryf word waar diere en landbouprodukte verkoop word om fondse vir die kollege in te samel.
Ander kursusse word aangebied by die Besigheidstudies- en kantoorbestuurkampus, Inligtingstegnologie – rekenaars en wetenskapsentrum en die Ingenieurswese en vaardighede sentrum – almal geleë in die groter-Mokopane area.
Mailula het ‘n beroep op sakelui gedoen om die kollege se studente in diens te neem – al is dit net tydens vakansies – sodat hulle [studente] praktiese ondervinding in die werksgebied kan opdoen.
“Ons as kollege, is hier vir julle – die besigheidsmense van Mokopane. Dit help nie ons bied kursusse aan uit ‘n akademiese oogpunt en leer mense wat ons dink is belangrik nie, nee, ons het nodig om saam met mekaar te werk en die vaardighede wat julle in jul besighede nodig het hier by die kollege te kweek,” het Mailula gesê. “Maar ons het ook nodig dat julle hierdie vaardighede dan gebruik en die mense wat ons hier oplei in julle besighede aanstel.”
Besigheidspersone was teleurgesteld toe die Mogalakwena Platinum mynbestuurder, James Morotoba, kort voor die vergadering laat weet het hy sou nie die vergadering ook kon toespreek, soos op die agenda aangedui nie. Noordelike Nuus het intussen verneem dat ‘n ernstige padongeluk waarby van die myn se werkers en voertuie betrokke was sy dringende aandag geverg het.
‘n Insiggewende toer deur die hotelskool se fasiliteite en ‘n driegang-maaltyd wat deur die studente voorberei is het vir die teleurstelling opgemaak.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube