<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Lephalale se lugkwaliteit word nou gemonitor

 
Die lugkwaliteit-monitor wat sal bepaal wat die effek van Medupi, Matimba en uitlaatgasse van ‘n toenemende hoeveelheid motors op die pad op dié woongebied het.
News : 07 May 2012 151 Viewed By Valerie Cilliers 0

LEPHALALE – Is ons lug skoon en hoe sal die Medupi Kragstasie lugkwaliteit beïnvloed wanneer dit ten volle operasioneel is? Danksy die department van omgewingsake sal dié vrae beantwoord kan word.
Die department het verlede week ‘n lugkwalitiet-monitor by die watertoring langs Nelson Mandela-rylaan opgerig. Die monitor neem voortdurend lesings en stuur dit per sateliet na ‘n ingeneursfirma in Pretoriawat die inligting verwerk en ‘n maandelikse verslag aan die plaaslike munisipaliteit stuur. ‘n Soortgelyke monitor is  verlede jaar in Marapong opgerig om te bepaal wat die impak van die Matimba kragstasie op die woongebied is.
Volgens data wat ingesamel is wil dit voorkom of Matimba ‘n minimale impak op lugkwaliteit in die woongebied het. Die department beoog ook om ‘n soortgelyke toestel in Thabazimbi en Mokopane op te rig.
Die toestel monitor ook temperatuur, windsnelheid, windrigting en sal ook bepaal wat die effek van toenmende verkeer op lugkwaliteit het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube