-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ellisras Hoërskool se eerstespanne was Saterdag erg uitgedun vir wedstryde teen Tom Naude. Sommige matrieks het Potcefstroom Universiteit se opedag gaan bywoon en ander was weg vir netbal en hokkieproewe, maar spanne is volgemaak met jonger spelers wat getoon het dat die skool se sport genoeg diepte het.
Die eerstespan het tot onder 17 spelers laat speel soos Pitso Mogorosi wat toe sowaar die beslissende drie gedruk het. Hendrè du PLessis, EHS se skopkoning, was ook weg en Jan van Staden se skopskoen was perfek. Albert Jordaan het die eerste drie gedruk en dit sommer self verdoel! Nils Meiring het ook ‘n drie gedruk en die manne het vir dood gespeel. Na ‘n verbete stryd was die eindtelling 26/17.
Die netbal het ook ‘n baie suksesvolle dag beleef. 0/14 a wen 30-3, b wen 29- 5, 0/15a wen 19-14, 0/16a wen 28-11, 16b 11-5 en die tweeds wen 25 16. Die eerste span was ook ‘n saamgeflansde span weens die sportproewe en verloor teen Tom Naude se eerste span.
0 Comments