<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Potties se hokkie is bobaas

 
Die eerste Hokkie span van Hoërskool Piet Potgieter van links voor: Liezel Horn, Christelle Pretorius, Iné Voster, Mari van der Wateren, Lenice van Eyk, Zetske du Toit, agter: Dené Venter, Simoné van Wyk, Marlouise Muller, Lindie Holtzhausen, Dané du Plessis en Lene Peens.
News : 14 May 2012 509 Viewed By Jasper Raats 0

MOKOPANE- Hoërskool Piet Potgieter se eerste hokkiespan het Saterdag vir ‘n opskudding gesorg toe die Pottiebokkies Hans Strijdom met 9 - 0 geklop het. Die Eerste rugbyspan het ook gewys hulle gaan nie met hul laat mors nie en het ‘n 19 – 17 oorwinning oor die Hansies behaal.
Ander spanne het gemengde welslae behaal met die o/14A hokkiespan wat 2-0 wen met Gaby Nel as speler van die wedstryd, o/15A verloor 0-3 en Janelda Rötgin as speler van die wedstryd, o/16A wen 3-0 met An-Mari Vorster as speler van die wedstryd. Op die rugbyveld het die o/14 span verloor 20-0 en Waldo Kruger was die speler van die wedstryd, o/15’s verloor 38-0 met Bennet Rickert as speler van die wedstryd, 0/16 verloor 22-8 met Dewald de Beer as speler van die wedstryd, die tweede span verloor 7-5 met Gert de Beer as speler van die wedstryd. Vir die eerstes is Johan van der Walt as speler van die wedstryd aangewys.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube