<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bosveldfees inskrywingsvorms... potjiekos, baba's, mej. Tiener, mej. Bosveld en vele meer

 
News : 21 May 2012 422 Viewed By Helena Raats 0

Groet die Dronkman (Bosveldfees 2012)
skrywer: Eugene Vos
rolverdeling: Eugene Vos as Alwyn
regie: John Dow
tydsduur: 60min
taal: Afrikaans
ouderdom: 16 en ouer
beskikbaarheid: vanaf Mei 2012

Eers was daar “Groet die Grotman” opgevolg deur “Groet die Grotvrou” en toe sowaar daarna “Groet die Grotoupa”, maar net voor almal wil sitplek inneem kom daar nog iemand wat gegroet moet word... die Dronkman.
Noem hom nou maar die “missing link” as jy wil,  want sonder sy insigte op hoe mans en vrouens verander onder die invloed van ‘n knertsie en hoe weggesteekte karakters verskynings maak na ‘n “knakkie” of twee, sal ‘n mens nie regtig ooit die volle prentjie kan kry van hoe die kop van ‘n man en ‘n vrou werk nie.
Het jy geweet die grootste liefdes en lewensbesluite word onder die invloed geneem? Jy hoef my nie te glo nie, maar die Dronkman sal jou oortuig en tot verrassende insigte bring. Die Dronkman verwys graag na voorbeelde uit plaaslike en internasionale media en na glanspersoonlikhede om sy bevindings te staaf. Hy gee ook graag die gehoor ‘n kans om interaktief deel te word van sy baanbrekende studie.
Die Dronkman stop nie daar nie en vertel aan sy gehoor wat die invloed van daardie sappies op die geskiedenis van die wêreld gehad het! Van die begin van die mensdom tot waar ons dit vandag bevind. Voorbeelde word oopgedraai wat die loop van geskiedenis vir altyd verander het. Gebeure word noukeurig aangehaal en sorgvuldig verduidelik, maar hierdie keer ingekleur met die (tot hede) onbekende rol wat ‘n paar drankies in die agtergrond gespeel het.
Hierdie verhoogstuk behels Alwyn wat op die verhoog besig is om wyn te proe en sy “professionele” opinie oor die hoë gehalte seleksie voorhande, maar omdat dit resessie tyd is, kan wyn mos nie gemors word nie... dit moet gesluk word!
Alwyn begin preuts en konserwatief en gee die informasie klinies en wel geartikuleerd weer, maar die wyn eis stadig sy tol op Alwyn. Sy lyftaal verg meer spasie, sy woordkeuse word meer omvattend, sy uitspraak effe sleperig, sy slukke al groter en sy kennis alwetend!  Moet dit nie by hierdie jaar se Bosveldfees misloop nie – sien bl. 9 vir datums.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube