-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE- MGM Motors is verlede Vrydag aand tydens die Besigheidskamer se jaarlikse dinee gekroon as die Sakeonderneming van die Jaar terwyl dié handelaar se Cobus Pretorius weggestap het met die toekenning vir verkoopsman van die jaar.
Die glansaand het gepaard gegaan met ‘n heerlike ete, optrede deur Mia Louw – Mokopane se 16-jarige sangsensasie en met bekende sakeman en skrywer, Clem Sunter, wat pittige wyshede en waarhede met die dorp se sakelui gedeel het.
Sunter wat bekend is vir “The Mind of a Fox” die boek waarin hy saam met Chantell Illbury vergelykings tref tussen die karaktereinskappe van jakkalse en krimpvarkies in die besigheidswêreld, het saam met Illbury nou ‘n nuwe boek bekendgestel: “Socrates and the Fox: A strategic dialogue”.
Mokopane se sakelui het sy praatjie en sy geselskap om die onthaaltafels terdeë geniet.
Na ete is die dorp se besigheidsuitblinkers aangekondig.
Waterberg FET College het die toekenning ontvang vir die netste besigheidsontwikkeling, terwyl Maxi’s Mokopane aangewys is as die beste gasvryheidsbedryf.
Mogalakwena Platinum se Thula-Thula huis is aangewys as die projek wat die grootste bydrae tot die gemeenskap gelewer het.
Die swemmer, Natasha van Niekerk, is aangewys as Sportpersoon van die Jaar. Klein Entrepreneur van die Jaar is André van Vuuren van Limpopo Insect Screens, Groot Entrepreneur van die jaar is Mohamed Essack van Oasis Lodge, Klein Sakevrou van die jaar is René Engelbrecht van Astra Borduurders, Groot Sakevrou van die jaar is Amanda van Zyl van Amandel Graan Bemarking en Klien Besigheidsman van die jaar is Jacques Le Roux van Savuti. Toekennings is deur die besigheidskamer se president Gerrit van der Veen oorhandig met Sunter wat hom bygestaan het.
0 Comments