<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mooistes in die Bosveld

 
Mej. Bosveld, Bianca Grobler (middel), eerste prinses, Charleen Smith (links) en tweede prinses Amore Crots (regs).
News : 09 Jul 2012 347 Viewed By Valerie Cilliers 0

LEPHALALE - Hierdie jaar se Mej. Bosveld, Bianca Grobler (17), eerste prinses, Charleen Smith(17) en tweede prinses, Amore Crots (18) is verlede Vrydagaand by die jaarlikse Bosveldbal gekroon.
Al drie kan nie uitgepraat raak oor hoe mooi en spesiaal die aand was nie. Bianca, afkomstig van Maasstroom, sê die spoggeleentheid het elkeen van die deelnemers soos wenners laat voel. Dit is die tweede keer dat sy aan die kompetisie deelneem en sê sy is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê. Een van die projekte was sy graag sal wil aanpak is om tieners betrokke te kry by hulle gemeenskappe deur hulle omgewing skoon te hou. Sy is self baie lief vir die natuur en kosmaak. En sy skram nie sommer weg van ‘n nuwe uitdaging nie.
Charleen is van Bela-Bela waar haar ouers boer. Sy beoog om veeartseny en snykunde te studeer en het ‘n passie vir die natuur. Sy is baie lief vir perdry, fietsry en langafstand hardloop. En as dié aktiewe tiener stilsit hou sy daarvan om te lees. Een van die projekte wat sy graag hierdie jaar wil aanpak is om ‘n fondsinsameling vir die ‘Pippie se gesiggie’- fonds te reel.
Amore is oorspronklik van Nelspruit, maar woon al meer as drie jaar op Lephalale. Sy erken dat sy eintlik ‘n stadsjapie is, maar dat sy baie lief geword het vir die Bosveld. Sy is versot op katte en haar idee van ‘n romantiese aand behels ‘n sushi-ete. Amore sê sy sou graag professioneel wou dans en het al haar Suid-Afrikaanse kleure in ritmiese gimnastiek verwerf.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube