-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Transnet wil binne die volgende vyf jaar ’n nuwe spoorlyn bou wat 23 miljoen ton steenkool per jaar uit die Waterberge na Mpumalanga kan vervoer.
Volgens ‘n berig in Sake 24 hierdie week het Siyabonga Gama, uitvoerende hoof van Transnet Spoorvrag, Dinsdag bekend gemaak dat die voorlopige teikendatum om die nuwe lyn in gebruik te neem 2016-’17 is en dat spoorlyn uiteindelik tot 80 miljoen ton steenkool perjaar sal kan vervoer.
Die bestaande spoorlyn kan hoogstens 3 miljoen ton steenkool per jaar vervoer en word hoofsaaklik deur Exxaro benut vir die verskaffing van metallurgiese steenkool uit sy Grootegeluk-myn. Transnet beoog om die spoorlyn op te knap en tot sy volle kapasiteit te gebruik voordat daar aan die nuwe spoorlyn gebou word.
Die nuwe spoorlyn sal van die Lephalale, Thabazimbi, Atlanta omgewing, deur Pyramid tot in Mpumalanga loop.
Spoorontwikkeling in die Waterberg is deel van Transnet se sewe jaar R300-miljard kapitale beleggingsplan en sal die weg baan vir steenkoolmyne om die Waterberg tot ‘n grooter mate te ontgin.
0 Comments