-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Remax Lephalale het verlede week met twee bakkievragte vol kruideniersware die ouetehuis by Steenbokpan besoek. Fondse en skenkings deur Remax agente en lede van die gemeenskap is vooraf ingesamel om in die behoefte van 19 volwassenes en agt kinders daar te voorsien. Die span beoog om voortaan elke Vrydag skenkings deur te neem Steenbokpan toe en die publiek word gevra om bydraes by die Remax kantore af te gee. Remax fasiliteer ook die daaglikse aflewering van kospakkies by die SAVF Maroela oord in Lephalale. Die kospakkies word deur Steval Engineering geskenk en deur Marlo Catering afgelewer.
0 Comments