<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Anton sleep deur Potties

 
Fouché het Maandag vanuit Polokwane begin stap en beoog om teen 17 Augustus in Lephalale te wees, ‘n totale afstand van 230km.
News : 26 Jul 2012 158 Viewed By Jasper Raats 0

MOKOPANE - Anton Fouché, die avonturuur van Lephalale wat bekendheid verwerf het vir die staptogte wat hy vir liefdadigheid aanpak sal vandag (Vrydag) in Mokopane aankom. Fouché het Maandag vanuit Polokwane begin stap en beoog om teen 17 Augustus in Lephalale te wees, ‘n totale afstand van 230km.
Sy enigste metgesel is ‘n 50kg vragmotorband wat hy agter hom aansleep. Noordelike Nuus het gereeld hierdie week met Anton gesels om te hoor hoe dit met hom gaan.
Die eerste vraag wat natuurlik by ‘n mens opkom is waarom iemand so iets sal doen? “Ek doen dit vir 67 kinders wat tans by die Bosveld Sending kinderhuis in Vaalwater versorg word. Lizette Naude en haar familie het hulle lewens gewei om vir hierdie kinders ‘n huis te gee en hulle kry geen hulp van die staat af nie.”
“Dit is my oortuiging dat God ons in Sy woord opdrag gee om na die kinders en weduwees om te sien.
Die projek word op 18 Augustus formeel afgesluit met n dinee by die Mogolklub in Lephalale. Enige besigheid of persoon wat by die veldtog betrokke wil raak of n tafel by die dinee wil bespreek kan ‘n epos stuur aan fouche.anton@gmail.com of Anita kontak by 082 330 2097. Vir meer inligting oor Bushveld Mission kan u gerus vir Lizette skakel by 072 632 0259 /
081 428 9345 of www.kids4sa.org besoek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube