<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Anton is hier!!

 
Lede van die Agape kerk gemeente in Lephalale sowat 35km op die Markenpad uitgery om hom daar aan te moedig.
News : 23 Aug 2012 133 Viewed By Valerie Cilliers 0

Na 'n 230km  staptog wat bykans vier weke geduur het het Anton Fouche verlede Vrydag in Lephalale aangekom. Anton het op 23 Julie vanuit Polokwane met 'n vragmotorband wat hy agter hom aansleep begin stap. Die doel van die projek was om fondse vir Bosveldsending wat naby Vaalwater gelee is in te samel.

Noordelike Nuus het Anton se staptog vir Bosveld Sending van die begin af gevolg en het verlede Maandag saam met lede van die Agape gemeente in Lephalale sowat 35km op die Markenpad uitgery om hom daar aan te moedig.

Hy vertel dat dit die kindergesiggies is wat gekeer het dat hy tou opgooi.
"Daar was goeie tye wanneer mense hulle harte oopgemaak het en ek in Lodges lang die pad kon oornag. Ek het regtig wonderlike mense ontmoet, mense wat omgee. Dan was daar ook die slegte tye - soos die tyd toe ek die band in die bosse ingesleep het om by 'n kaffee 'n koeldrank te koop. Toe ek later terugkeer is die band gesteel en moes ek terug ry Mokopane toe om 'n ander vragmotorband aan te skaf. Die pas en veral die lang gras het my met tye onder gekry, maar dan onthou ek hoe baie mense vir my bid en ek onthou die kinders van Bosveldsending wat so diep in my hart ingekruip het."

Anton sou sy staptog afsluit met 'n dinee by die Mogolklub, maar moes die funksie ongelukkig kanseleer weens 'n gebrek aan belangstelling "Die dinee sou die doel dien as "Grand-Finale" vir die fondsinsameling. Ek het egter besluit dit sal van meer waarde wees om vir die kinders 'n partytjie te hou."

Anton se versoek is dat die gemeenskap hulle harte oopmaak vir die 65 kinders wat deur die Naude's by Bosveldsending naby Vaalwater versorg word.

"Bosveldsending se voortbestaan is afhanklik van donasies en mense wat omgee. Ek wil julle versoek om die geld wat julle op die dinee sou spandeer, insluitende die R 2 250 (tafelgeld)  aan Bosveldsending te skenk."

Bank besonderhede: Bosveldsending
                                  FNB
                                  Rek nr. 62225808461
                                  Tak kode 260 247 

 

 

 
 

Lede van die Agape kerk gemeente in Lephalale sowat 35km op die Markenpad uitgery om hom daar aan te moedig.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube