<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nuwe musiekgroep op die horison

 
Anthonie van der Mescht
News : 31 Aug 2012 146 Viewed By Marie Hurter 0

Lephalale se eie idol wat verlede jaar tydens ‘n kompetisie by die Boskroeg aangewys is, maak nou opgang in die musiekbedryf.
Anthonie van der Mescht en twee van sy musiekvriende, Altus Booysen en Francois Fourie, het in Mei-maand die nuwe groep Bokskitaar Belydenis gestig en het reeds hulle eerste gig by Memphis Rock in Potchefstroom gehad.
Anthonie en Altus was saam in die eerstejaars musiekgroep van die Villagers-koshuis en Francois het by hulle aangesluit tydens die begin van sêr-oefening.  Altus het die naam uitgedink wat dadelik aanklank gevind het by Anthonie en Francois.
Die groep het baie planne.  Hulle speel weer binnekort by Memphis Rock en Music Café in Potchefstroom en hulle het ‘n goeie kans om ook hierdie jaar by die Aardklop Kunstefees op te tree.
Volgens Anthonie meng die drie lede se verskillende klanke en style elke dag al hoe meer om ‘n unieke nuwe musiekklank te vorm. 
Hy sê hulle hoop om groot naam te maak en om die land plat te toer met hulle musiek.
Spits die ore vir Bokskitaar Belydenis – Anthonie van der Mescht (kitaar, vocals en dromme), Altus Booysen (mondfluitjie en kitaar) en Francois Fourie (kitaar en vocals).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube