<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Afrika staatmakers gaan help met veiligheid

 
Christie Thomas
News : 31 Aug 2012 541 Viewed By Christie Thomas 0

Noordelike Nuus medewerker, Christie Thomas, het onlangs besluit om haar veldkennis en ervaring met jaghonde in te span om honde spesiaal op te lei om verdagtes van plaasmisdade se spoor te volg.
As deel van Koedoesrand Gebiedsveiligheid het sy besef die verafgeleë ligging van landbougemeenskappe soos Tolwe, Baltimore, Marnitz, Maasstroom ens. maak dit ontmoontlik om ‘n ordentlike spoorsny hond te ontplooi terwyl die spoor nog ‘warm’ is. Dit neem altyd ‘n paar uur voor die polisie ‘n hond kan ontplooi, indien hulle een beskikbaar het.
“Met díe het ek besluit om te probeer om my ervaring met pointer opleiding te gebruik om vir ons gemeenskap honde op te lei wat onmiddelik ontplooi kan word na enige inbraak, plaas aanval, wild stropery on ander voorval.”
Christie sê sy het lang ure se navorsing gedoen en eindelik besluit om Rodesiese rifrûe te gebruik. “Hulle is oorspronklik geteel om in ons woeste Afrika-habitat te kan oorleef en is sterk, moedig, slim, aanpasbaar en lojaal.
Die ras is bekend vir sy uithouvermoë. Daar is stories oor rifrûens wat die voortrekkers op hul lang togte vergesel het lank voor hulle gebruik is as leeujag metgeselle.
Die ras is ‘aanmekaargeslaan’ deur verskeie europeuse ‘sporting dog’ rasse te kruis met ‘n natuurlike inboorling wat saam met die Koi mense in hulle kampe gewoon het. Van die honde rasse wat gebruik is vir die ‘mengsel’ sluit in pointers, bloedhonde en fox hounds.
“Ek het geweet hierdie honde se neuse behoort te kan wérk,” vertel Christie.
Dit was vir haar belangrik om honde te soek met ‘n sterk natuurlike instink vir jag en spoorsny met ‘n ingebore boskennis. En nie alle rifrûe voldoen aan hierdie vereistes nie. Christie verduidelik dat die ras ongelukkig deurgeloop het onder telersgenootskappe wat meer gefokus was op skoudiere as werkshonde. “Hulle is meer en meer geteel om mooi te wees met die regte kleur vel en oë terwyl die die natuurlike eienskappe waarvoor hulle oorspronklik geteel is verlore geraak het.”
Sy het egter op ‘n groep mense in Suid-Afrika afgekom wat dit hulle visie gemaak het om die Rifrug terug in die bos te sit waar hulle hoort. Die Ridgeback Rescue International Foundation werk met telers en entoesiaste om te sorg dat die honde geteel word soos die oorspronklike ras en werk baie hard om die kleintjies te plaas by mense wat hulle in die veld sal gebruik. So word honde geplaas in die Kruger Wildtuin, Mapungupwe en privaat plase om te help om wildstropery te beveg en sommer net op plase eerder as in die dorp. By dié groep telers word die klem gelê op jag instink, spoorsnyvermoë, veldvaardigheid, atletiese bou en uithouvermoë.
Christie het haar eerste hond ten duurste aangeskaf maar sy het geweet Tšhaba se bloedlyn sal haar goed te staan kom in die bos en met haar werk. Daarna het Ridgeback Rescue nog twee honde aan haar geskenk.
Met die opleiding word die klem eerstens gelê op dissipline. Geen hond gaan uit veld toe voordat hulle dissipline op standaard is nie. Dissipline is ‘n werk wat nooit ophou nie, en word elke dag toegepas en ingeskerp op die honde vertel Christie. “Ongedissipliniërde honde kan ‘n hele operasie belemmer, en ‘n gevaar wees vir homself en/of sy hanteerder.”
Daarna word hulle die basiese beginsels geleer om mense spore te volg. “Ons begin met kort, maklike spore, en díe word aangepas soos die hond vorder. Dit is vir my en die honde ‘n leerproses. My curriculum is op internet navorsing gebaseer, en ek het ‘n program uitgekies wat ek dink die meeste van toepassing is op ons veiligheidsituasie in Suid-Afrika. Ek gebruik metodes wat gebruik word om honde in die Amerikaanse weermag en polisie op te lei vir spoorsny, reddingsoperasies en wetstoepassing,” gesels Christie.
Sy sê in die begin het dit maar stadig gegaan want sy het op haar eie aangegaan. Dit is moeilik om alleen te werk met spoor opleiding, want iemand anders as die hanteerder moet vooruitgaan om die spoor te lê.
“Gelukkig het ek nou ‘n assistent bygekry om te help met die opleiding, iemand wat ook ‘n passie deel vir honde en ‘n goeie agtergrond het in hondeopleiding. Ons het nou ons program verskerp, en hoop om binnekort ‘n paar honde te hê wat gereed is om op operasie uit te gaan.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube