-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Toe sekuriteitsmaatskappy, Strike Force Armed Response & Alarms, verlede Maandagaand net na 22:00 ‘n alarm van Sola’s Airtime & Tobacco in die T.Alberts gebou kry was hul gewapende reaksielede binne minute op die toneel. Hulle het twee verdagtes wat weggehardloop het, agterna gesit en in hegtenis geneem.
Met die ondersoek na die geaktiveerde alarm is ‘n gat in die dak gevind, en ook die gereedskap waarmee die inbraak gepleeg is. Maar die flinke optrede van die sekuriteitsmaatskappy is niks gesteel nie.
Die verdagtes is aan die polisie oorhandig en is later verbind met verskeie ander dakinbrake in Mokopane.
Strike Force verhuis binnekort na Hoogestraat 108.
0 Comments