-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Pippie Kruger, die driejarige dogtertjie wat Oujaarsaand op haar ouers se plaas net buite Lephalale erg gebrand het sal vandag na agt en ‘n half maande se hospitaalbehandeling, as buite pasiënt behandel word. Haar pa Erwin Kruger, wat hierdie week in Aukland Park was om te help met die trek, sê dit gaan baie goed met die klein vegtertjie.
Pippie sal steeds daagliks behandeling ontvang, maar sal snags in haar eie bedjie in haar ouers se huur-woonstel in die stad kan slaap. Erwin en Anice moes hierdie week verskeie apparate aanskaf om haar verblyf by die huis te vergemaklik. Vandag is vir die gesin net nog ‘n stappie nader aan die dag dat klein Pippie weer op die plaas sal kan bly. “Ons wil eers baie seker maak dat sy sterk genoeg is aangesien die pad tussen Johannesburg en Lephalale, met al die verbouings moeilik sal wees vir haar lyfie om te hanteer. Sy moet nog baie behandeling kry, ons wil nie oorhaastig wees nie,”verduidelik Erwin.
Sangers Bobby en Karlien van Jaarsveld het ook verlede Donderdag by Anice en Pippie gaan inloer. Bobby skryf op sy Facebookblad dat Pippie die nuwe inspirasie in sy lewe is.
0 Comments