<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nuwe hoop vir kankerlyertjie

 
Klein Henco net nadat hy Woensdag uit die teater gekom het.
News : 18 Sep 2012 211 Viewed By Valerie Cilliers 0

LEPHALALE - Henco Kubannek (4) wat op twee maande gediagnoseer is met rhabdomyosakroom, ‘n tipe kanker wat hoofsaaklik by jong kinders voorkom, moes Woensdag sy derde operasie in ses maande ondergaan om die sarkoom  wat aan die regterkant van sy gesiggie en nek groei te verwyder.
Volgens sy ouma, Charlotte Kubannek, kan Henco nie meer chemo-behandeling ontvang nie omdat sy organe weens die bestraling kan ingee.
Al wat dokters nou te doen staan is om die sarkome te verwyder met die hoop dat die kanker nie na sy organe versprei nie. Met Woensdag se operasie is vel en spierweefsel van sy gesiggie en nek verwyder en vervang met spier en vel van sy bors.
“Ons glo dat die Here Henco sal bewaar en dat hy na hierdie operasie 100% skoon sal wees. Al wat ons nou kan doen is glo, hy is sy ouma se alles,” het Charlotte Dinsdag aan Noordelike Nuus gesê.
Sy ouers, Paul en Elaine Kubannek wil graag almal bedank wat die familie bystaan.
Elaine het Woensdagoggend na die operasie gesê die dokters is baie positief en dat die operasie ‘n sukses was. Verskeie knoppe is in sy nekkie verwyder. “Die Here stap hierdie pad saam met ons, ons glo dat ons liefling seuntjie gesond sal word.”
‘n Trustrekening sal Januarie vir Henco oopgemaak word, maar intussen kan diegene wat finansieël wil bydra, Berta Verster skakel by 072 393 3592.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube