<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Melkboer wen snotsiekte-eis

 
News : 25 Sep 2012 359 Viewed By Jasper Raats 0

Dr. Henk Visser, voorsitter van Limpopo RPO, het hierdie week gesê dat ’n deurlopende opname onder beesboere gedoen moet word om vas te stel hoeveel beeste sterf aan Snotsiekte.

Hierdie inligting word benodig sodat die werklike skade bepaal kan word sodat moontlike oplossings gevind kan word.
Dit volg op ‘n hofuitspraak in die Noord Gautengse Hoë Hof vroeër die maand waarin regter L. Vorster gesê het daar is by hom geen twyfel dat die vestiging van blouwildebeeste op die plaas wat aan André Wilhelmus Strang se melkboerdery grens, die snotsiekte veroorsaak het wat gelei het tot die vrekte van Strang se beeste nie.
Vorster het beveel dat die twee verweerders, Hendrik Willem Pelser en Madiba Game Ranch (BPK) enige bedrag skade wat deur die eiser, Strang, bewys mag word of tussen die partye ooreengekom mag word aan die eiser moet betaal.
Hy het ook gelas dat die verweerders Strang se regskoste betaal.
Hierdie uitspraak kan verreikende gevolge vir die wildsbedryf en die stryd tussen wild en beesboere inhou.
Daar is reeds hierdie week in wildskringe vergader en Noordelike Nuus verneem daar is planne onder wildboere om ‘n fonds op die been te bring waaruit soortgelyke eise teen wildebees eienaars betaal kan word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube