<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ou koshuis bly ‘n gemors!

 
News : 25 Sep 2012 197 Viewed By Jasper Raats 0

MOKOPANE -  Die ou Johan Nel seunskoshuis van Hoërskool Piet Potgieter wat nou deur die departement van onderwys oorgegee is aan departement vir openbarewerke is steeds, meer as ‘n jaar nadat Noordelike Nuus hieroor berig het, ‘n vrot nes van sluipslapers aan wie kamers onwettig uitverhuur word terwyl daar geen munisipale dienste is nie.
DA Raadslid, Korny Dekker, sê hy sukkel nou al sedert November verlede jaar om die departement van openbare werke sover te kry om die mense wat daar woon te verskuif of om die plek in stand te hou en munisipale dienste vir die inwoners te laat verskaf.
Die munisipale dienste aan die gebou is opgeskort nadat die eertydse huurder, die Mokopane Sports Academy die rekening met byna R1-miljoen agterstallig laat raak het.
Noordelike Nuus hoop om teen volgende week aan sy lesers terugvoer van die departement vir openbare werke te kan bied.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube