-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - “Dit gaan goed met klein Mikayla,” vertel haar ouma en voog Charmain Robertse.“Sy lekker raak stout, so sy raak beter!” lag sy.
Charmain het hierdie week gehoor dat die rekonstruksie aan Mikayla (6) se hand op 13 November kan voortgaan weens die goeie herstel wat haar lewertjie toon.
Miykala is in Desember verlede jaar op ‘n plaas net buite Lephalale deur ‘n Mosambiekse spoegkobra op haar handjie gebyt en sedertdien stap sy ‘n baie lang, moeilike pad na herstel.
Charmain vertel dat Readers Digest ‘n 46-bladsy artikel oor Mikayla se lewensverhaal in hul Januarie uitgawe gaan publiseer. “Die joernalis het Maandag van Durban af gevlieg en met my en Arno Naudé, die slangkenner wat ons so ongelooflik baie gehelp het, ‘n onderhoud te voer.”
Charmain is ook opgewonde oor die manuskrip van haar boek, Mikayla’s Journey wat in Augustus volgende jaar reeds op die rakke sal wees.
“Ons beoog om met die geld wat ons met die boek se verkope inkry ‘n hulplyn daar te stel vir slangbyt slagoffers. Die doel is om te verseker dat dokters wat nie weet hoe om ‘n slangbyt pasiënt te behandel nie die nommer kan skakel om die raad van ‘n spesialis in die area in te win.
"So iets sou in Mikayla se geval baie gehelp het. Dit is my droom dat iets goeds uit die hele voorval sal kom.”
0 Comments