<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Pippie kuier in Lephalale

 
News : 26 Oct 2012 297 Viewed By Valerie Cilliers 0

Pippie Kruger was hierdie week vir die eerste keer sedert die ongeluk, Oujaarsaand weer op haar ouers se plaas net buite Lephalale.
Anice vertel dat dit vir Pippie baie spesiaal is om haar boetie Arno om haar te hê. Arno (1) woon sedert die ongeluk by Anice se ma en Anice en Pippie kry maar min van hom te sien.
Pippie is onlangs uit die rehabilitasiesentrum ontslaan en bly nou voltyds saam met Anice in ‘n woonstel in Johannesburg. Daar kry sy drie dae per week terapie om haar te help praat en loop.
Anice vertel dat Lephalale baie verander het sedert hulle hier weg is, en dat die vars plaas lug hulle albei hierdie week baie goed gedoen het. Een van die eerste plekke waar hulle besoek afgelê het was by Dr Herman Minnaar, “my hero” soos Anice hom noem.
Minnaar het die aand van die ongeluk die familie bygestaan en gehelp om dokters by die Garden City Hospitaal in Brixton te oorreed om Pippie op te neem ten spyte van die feit dat dokters haar ‘n 10% kans tot oorlewing gegee het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube