<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Waterbergarea is gereed vir enige brandgevaar

 
News : 02 Nov 2012 131 Viewed By NoordNuus reporter 0

Working on Fire (WOF) is besig om groot voetspore in die Waterberge te trap. Volgens WOF area bestuurder, Willem Crause is daar reeds ses spanne met 25 lede elk wat tans in die Waterberg gestasioneer is.
Beide Lephalale en Mokopane het elk so ‘n span wat deur BBV (Brandbeskermings vereniging) lede gratis aangewend kan word om veldbrande te voorkom of te bestry.
Die enigste vereiste is dat ‘n grondeienaar self die span na sy plaas of kleinhoewe vervoer. Indien die span na 16:00 moet werk word daar vereis dat kospakkies teen R50 per pak vir elke spanlid aangekoop word. Boere wat nie lede van die BBV is nie kan steeds van die span gebruik maak, maar sal dan die volle koste vir die span moet dek. Kwotasies kan ook aangevra word vir die gebruik van twee WOF voertuie wat tans in Thabazimbi en Mookgophong gestasioneer is.
Indien ‘n blokbrand gedoen moet word, moet daar volgens BBV regulasies ‘n projekbestuurder teenwoordig wees, die persoon se koste moet ook deur die grondeienaar, lid of nie, betaal word.
Crause raai boere aan om aan te sluit by die BBV omdat die wet dit sedert 1998 vereis. “Boere wat as lid wil aansluit moet aan die BBV regulasies voldoen. Hierdie regulasies bepaal o.a. dat brandpaaie in plek is. Grondeienaars kan ‘n vorm by die Munisipaliteit se brandvoorkomings departement verkry. Sy betrokke landelike veiligheids wykvoorsitter moet dan die vorm teken om te verklaar dat alles in plek is.”
WOF word deur die regering befonds as deel van hulle werkskeppings program. Vuurvegters word vanuit die plaaslike gemeenskap geidentifiseer en opgelei. Vir meer inligting skakel gerus vir Alwyn by 076 069 3812.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube