-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die 7de Brille & Pille Wiele Fees by die Piet Potgieter Monument Tehuis in Mokopane was Saterdag ‘n reuse sukses. 'Bikers' van regoor die land het hul solidariteit met die dorp se bejaardes kom betoon en in die naam van liefdadigheid die strate op horings kom neem. Surina, beter bekend as die Flooze van Witbank, het almal vermaak met haar kwinkslae en opmerkings. Alle geld wat ingesamel is tydens die saamtrek gaan aan die tehuis en word aangewend vir die versorging van die dorp se bejaardes. Video en nog foto's is beskikbaar op ons webwerf www.noordnuus.co.za.
0 Comments