<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

“Maak 16 Desember ‘n nasionale biddag” – Agri SA

 
News : 14 Dec 2012 81 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die President van Agri SA, Johannes Möller doen ‘n beroep op alle kerklike denominasies om Sondag, 16 Desember 2012 as ‘n nasionale biddag te gebruik, waartydens daar voorbidding gedoen word vir:
‘n Geweldvrye samelewing Versoening en vreedsame  naasbestaan Uitkoms in droogte en brand
geteisterde gebiede. Besluite deur gemeenskap- en landsleiers waardeur die beste
belang van Suid-Afrika se diverse gemeenskappe gedien word.  Veiligheidsmagte wat onder moeilike omstandighede wet en orde moet handhaaf
Die afgelope aantal maande is gekenmerk deur arbeidsonrus wat gelei het tot lewensverlies en skade aan eiendom. Agri SA is bekommerd oor hoe hierdie omstandighede in die landbou ervaar word, tesame met die voortgesette onaanvaarbare geweld teenoor boere, plaaswerkers en geliefdes regdeur die land.   Verskeie gedeeltes van die land gaan gebuk onder droogtes en skade weens veldbrande met ‘n effek op mens en dier.  Hierbenewens moet die regerende party rigtinggewende besluite oor die toekoms van die land tydens sy konferensie in Mangaung neem.
“Die golf van ontevredenheid en kommer by landsburgers oor werksomstandighede, dienslewering, korrupsie en dies meer doen afbreuk aan ‘n vreedsame samelewing en dra by tot die polarisasie van gemeenskappe,” sê Möller.
Dit is Agri SA se standpunt dat landsburgers mekaar se regte moet respekteer, goeie waardes bevorder en in ‘n gees van nasiebou ondersteunend tot mekaar optree.
“Ons meen dat hierdie veral ‘n tyd is om opnuut as medegelowiges in alle denominasies na mekaar uit te reik. Suid-Afrikaners leef in sensitiewe en moeilike tye en daarom doen ons ‘n beroep op alle kerke en hulle lidmate om juis op hierdie dag in aanbidding uit te reik na mede-landburgers,” sê Möller.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube