-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Haar skielike afsterwe het ons verslae gelaat. Haar wens en vrees om nie aan kanker te ly is vervul, veral nadat sy weer Desember positief getoets was. Dit gee ons gemoedsrus, maar nie vertroosting nie. Die huis is leeg en ons mis jou, maar gun jou dit ook.
Ons wil graag Marapong Kliniek en Drs Goosen en Kritzinger bedank vir hulle hulp en bystand.
Ons het in hierdie moeilike tyd ook ervaar hoe mildelik die NHSV van die Hervormde Gemeente Onverwacht moederlik omsien na gemeentelede in nood. Ons wil hulle opreg bedank vir al die heerlike en oorvloedige maaltye wat hulle voorsien het aan die familie.
Aan almal wat kontak gemaak het met bemoedigende boodskappe en die kleurryke ruikers, baie dankie, dit beteken baie vir ons. Ook vir Ds Coenraad Strydom vir sy bemoedigende boodskap en ondersteuning deurentyd.
Sy sal nog vir lank in ons harte en gedagtes wees met die wete dat sy gelukkig is en vrede het. Sy laat haar man, drie kinders, skoonkinders en vier kleinseuns agter.
0 Comments