-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ellisras Hoërskool se matrieks het verlede jaar in ses vakke die beste prestasies in die Waterbergdistrik behaal. In wiskunde het Janè Peens met 100% geslaag, sy het ook die hoogste punte in die distrik in Afrikaans Huistaal behaal en deel die toekenning vir Lewenswetenskappe met Anine Coetzee. Anine het die beste punte in die distrik gehad vir Engels Eerste Addisionele taal terwyl Thoto Twala die res op hul neuse laat kyk het in Rekenaar Toepassings Tegnologie. Ellen Fourie het met die louere weggestap vir Ingenieurs Grafika en Ontwerp. Verder is Janè Peens as die beste leerder in die distrik aangewys in die top tien. Stephanus Schoeman is derde in die top tien met sy 11 onderskeidings. Hier is trotse hoof, Louis Campbell, by links Janè Peens en regs Anine Coetsee.
0 Comments