<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nutsman het hulp nodig

 
News : 22 Feb 2013 160 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die Lephalale gemeenskap se hulp word gevra rakende die mediese koste van Pieter Opperman of Pieter Handyman soos wat hy in die dorp bekend staan.
Opperman het na wat verneem word verlede Vrydag ‘n massiewe hartaanval gehad en is deur sy dokter na die Marapong Medi Clinic verwys. Hy is egter later Vrydagmiddag na Ellisras Hospitaal oorgeplaas, omdat hy nie ‘n mediese fonds het nie.
Volgens Bertha Olivier van Engele vir Nood het Opperman tot en met Sondagmiddag geen mediese behandeling by dié hospitaal gekry nie. Hy het homself ontslaan en fondse word tans ingesamel om hom na ‘n hospitaal in Bela-Bela te neem.
Volgens Olivier word fondse gevra vir die Marapong Mediclinic rekening en vervoerkoste na Bela Bela. Enige iemand wat ‘n bydrae kan maak of meer inligting wil hê kan haar skakel by 072 393 3592. Geld kan ook in ‘n trustrekening inbetaal word. Engele vir Nood, FNB rekening 62388518618 tak kode 231232 met Pieter Opperman Medies as verwysing.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube