-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE- DA raadslid, Astrid Basson het hierdie week die nuwe begrafplaas in Lephalale besoek nadat klagtes ontvang is oor die groot aantal plakkers wat water uit krane daar gebruik om wasgoed te was en te bad.
Basson sê sy sal in die week amptenare van die munisipaliteit wat verantwoordelik is vir die begrafplase vergesel om verdere ondersoek in te stel. Die heining om die nuwe begrafplaas is platgetrap en ‘n voetpaadjie loop vanuit die bosse waar die plakkers woon tot by ‘n kraan in die begrafplaas.
Die DA het reeds begin met ‘n ondersoek om vas te stel wie die eienaar van die grond is. Basson sê sy sal ook met die munisipale bestuurder, Bob Naidoo, hieroor vergader.
Volgens polisie woordvoerder, A. O. Frans Mokoena is die polisie bewus van die plakkers en die moontlike gevaar wat hulle vir besoekers aan die begrafplaas inhou. Volgens hom hou die polisie die situasie dop en word daar gereeld klopjagte gehou om ongedokumenteerde buitelanders daar te verwyder.
0 Comments