-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die verhoging in minimumlone vir plaaswerkers tree vandag (Vrydag) in werking. Lone word van vandag af bereken op R105 per dag, ‘n verhoging van R36 per dag soos aangekondig deur die minister van Arbeid, Mildred Oliphant in Februarie.
Boere het ook tot vandag toe kans gehad om aansoek te doen vir verminderde lone op grond van dokumentasie wat kan bewys dat die lone nie bekostigbaar is nie.
Volgens voorsiter van Agri-Lephalale, Francois van den Berg, het sover hy weet geen boere in die Lephalale area vir die vermindering aansoek gedoen nie. Hy sê egter dat die meer as 40 boere wat verlede week vergader het om met ‘n arbeidskenner oor die lonekwessie te praat aangedui het dat hulle plaaswerkers voortaan minder ure sal werk.
Daar is ook baie wat werkers sal moet aflê.
Intussen het die departement van arbeid Woensdag ‘n verklaring uitgereik dat plaaswerkers in Limpopo tans deelneem aan ‘n onbeskermde staking teen die wetgewing wat boere toelaat om aansoek te doen vir vermindering van lone.
0 Comments