<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Geen lig in watertonnel

 
News : 07 Mar 2013 145 Viewed By Valerie Cilliers 0

Die waterkrisis in Limpopo het inwoners van verskeie dorpe in die provinsie radeloos en in Lephalale is dit ook nie anders nie. Klagtes van inwoners wat die afgelope twee weke in hulle swembaddens bad, inwoners in Marapong wat ten duurste water moet aankoop, skole se toilette wat nie gespoel kan word nie en inwoners wat op die boonste verdiepings van woonstelle geen water het nie, is volop.
Munisipale Bestuurder, Bob Naidoo erken dat die vraag na water die aanbod oorskry en dat die munisipaliteit dit tans moeilik vind om water aan almal te voorsien. Hy sê die afgelope paar weke se water drukprobleme is te wyte aan die nuwe pypleiding wat aan die oue gekoppel is. Die stelsel moes noodgedwonge vir ‘n tydperk afgeskakel word. Weerlig het ook twee motors raakgeslaan wat bygedra het tot die frustrasie. Naidoo erken dat kommunikasie met die gemeenskap nie voldoende was om te verduidelik wat aangaan nie en sê dat die munisipaliteit voortaan beter sal kommunikeer.
Naidoo sê Lephalale se waterinfrastruktuur is tussen 40 en 50 jaar oud en sal aan die einde van die jaar wanneer die nuwe pyplyn in werking tree ontkoppel word. “Ons wil nie nou te veel spandeer aan die huidige stelsel nie aangesien daar reeds R20 miljoen begroot is vir die nuwe pypleiding.” Volgens Naidoo word ook twee nuwe opgaardamme gebou wat waterdruk aansienlik sal verhoog.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube