<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Sportsterre vereer

 
News : 15 Mar 2013 148 Viewed By Valerie Cilliers 0

Die jaarlikse Mogolklub sportsterfunksie is verlede Donderdagaand tydens ‘n glansgeleentheid in die Mogolsaal aangebied.
Kategoriewenners was Elaine Pretorius wat met die Veteraan vrou van die jaar en die Sportster van die jaar louere weggestap het. Pretorius het tydens die 2012 Suid-Afrikaanse Meesterskampioenskappe ‘n eerste plek in die 100m, 200m, 400m, 800m en verspring behaal. 
Die Veteran sportman van die jaar is Hennie van Staden wat in die ABO-Africa boogskutkampioenskappe vier goue medaljes en een brons verower het. In die SANIFA kampioenskappe ontvang hy nege goue medaljes en een brons en behaal hy ook goud by die SANIFA SA kampioenskappe.
Bernice Geyser ontvang die toekenning vir Senior sportvrou van die jaar. Geyser was die 2926ste atleet uit ‘n totaal van 11896 wat verlede jaar se Comarades Maraton voltooi het. Sy het ook twee ander 80km ultra maratonne voltooi. 
Natasja Swanepoel het namens die voorsitter van die muurbal afdeling, Lofty Fourie die prys ontvang vir Sportafdeling van die jaar.
Werdie van Staden is vereer vir die twee goue en vier silver medaljes wat hy tydens die ABO-Afika boogskutkampioenskappe verower het. Hy bahaal ook 2 goue, 5 silwer en 2 brons toekenings by SANIFA en kry ‘n goud by die SANIFA SA kampioenskappe. Hy ontvang die Senior sportman van die jaar toekenning.
Toinette Verwey is aangewys as 2012 se Admistrator van die jaar  vir haar bydrae tot die groei,  bemarking en administrasie van die Karate afdeling.
Die Junior sportvrou van die jaar word gedeel deur Doney Potgieter en Nacy Klaassens wat albei Limpopo in hulle onderskeie afdelings verteenwoordig het.
(Afwesig op foto) Elize Grobler ontvang die Beampte van die Jaar toekenning . Sy tree op as beampte by die provinsiale, nasionale en SA stoeikampioenskappe, ontvang haar Suid-Afrikaanse kleure en word aangewys  as hoof beampte vir die Limpopo stoeifederasie.
(Afwesig op foto) Jean Snyman word aangewys as Junior sportman van die jaar. Hy behaal ‘n tweede plek by die SA Grieks Romeinse stoeikampioenskappe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube