<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Oud en jonk word hier gehelp

 
News : 15 Mar 2013 103 Viewed By NoordNuus reporter 0

Of dit nou sportbeserings, nekkwale of babas met sinusprobleme is, haar hande staan vir niks verkeerd nie.
Nicolette Hulme, fisioterapeut van Mokopane, het onlangs haar eie praktyk in Thabo Mbekistraat oopgemaak. Hier behandel sy daagliks oud en jonk met verskeie siektetoestande en beserings.
Hoewel Hulme in die Noordwes provinsie grootgeword het, is die Bosveld al vir sewe jaar haar tuiste.
Sy het na matriek in Bloemfontein studeer voordat sy en haar man, Helon, na Mokopane verhuis het. Hy is die eienaar van John-T Wheel-alignment in die dorp.
Dit is veral kinders wat sport beoefen wat sy help en in die winter bring heelwat ma’s hul babas wat met sinus- en longprobleme sukkel.
Sy gebruik masseringstegnieke, gewrigsmobilisasies, elektro- en droënaald-terapie.
Sy doen ook tuisbesoeke en mediese fonds, sowel as private pasiënte is baie welkom.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube