<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies hou Lephalale skoon

 
Joshua Hlapa, raadslid Johanna Mojela en skoolhoof Anton du Plessis saam met leerders by Dinsdag se bewusmakingsveldtog oor vullisherwinning.
News : 23 Aug 2013 143 Viewed 0

Joshua Hlapa van die Lephalale munisipaliteit se department afvalbestuur is tans besig met ‘n skoleveldtog om leerders aan te moedig om vullis te herwin.  Hlapa het vandeesweek by Laerskool Ellisras ‘n draai gemaak om leerders in te lig oor die voordele van herwinning.
Ellisras raadslid, Johanna Mojela en Valerie Cilliers van Noordelike Nuus het ook die kinders toegespreek en aangemoedig om  Lephalale skoon te hou. Die munisipaliteit het 240 groot asblikke aan die skool oorhandig en ‘n herwinningsprogram is van stapel gestuur.
Oberholzer Eiendomme het in samewerking met die munisipaliteit onderneem om te sorg dat die gebied voor die skool weekliks skoongemaak word. Dit is deel van die department se inisiatief om besighede in Lephalale betrokke by die veldtog te kry.  Besighede word gevra om verantwoordelikheid te neem vir ‘n spesifieke gebied in die dorp.
Vir meer inligting kan Joshua Hlapa by die plaaslike munisipaliteit gebel word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube