<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Pippie se storie inspireer

 
Die boek, Pippie, wat verlede Donderdagaand by die CNA boekwinkel in Lephalale bekendgestel is.
News : 02 Sep 2013 373 Viewed 0

Die boek Pippie is verlede Donderdagaand by die CNA boekwinkel in Lephalale
bekendgestel. Inwoners in Pippie se tuisdorp was die eerste in  die land om die boek op hulle winkelrakke te hê. Haar ouers,  Erwin en Anice Kruger, Pippie en boetie, Arno, was daar om die lang verwagte boek bekend te stel.
Die uitgewersmaatskappy, CUM, het die trotse dag met die gesin gedeel. Anice het met die bekendstelling vertel hoe die joernalis, Coleen Naudé , haar genader het om die boek te skryf. Pippie was toe reeds uit die hoësorgeenheid en daagliks in rehabilitasie. Anice vertel sy het in daardie stadium gevoel die tyd is reg is om die besonderse verhaal van Pippie se pad na herstel in ‘n boek te verewig. “Ek moet erken dit was weens ‘n baie vol program aanvanklik moeilik om tyd saam Coleen in te pas. CUM het toe voorgetel dat ek die verhaal op diktafoon opneem. Gelukkig het ek kort na die ongeluk begin om amper daagliks op Facebook  te skryf oor Pippie se vordering en ek het die inskrywings as verwysing gebruik. Emosioneel was dit vir my baie moeilik om veral daardie eerste dae na die ongeluk weer te herleef. Tog dink ek dit was goeie terapie vir my.”
Oor die boek
Die verhaal van Pippie is tergelyke tyd hartverskeurend en inspirerend. Dit vertel die verhaal van klein Isabella Kruger (Pippie) wat op tweejarige ouderdom derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyfie opgedoen het.  Die boek is ‘n baie eerlike vertelling van ‘n ma wat sterk moes bly vir haar dogtertjie terwyl sy elke tree moes baklei om haarself en ander te ooreed dat Pippie dit sal maak. Sy vertel in die boek hoe sy met God baklei het en dat die hoekom vrae haar nie wou los nie. Dit was eers toe sy Pippie in Sy hande oorgee dat sy geleer het dat Hy ‘n God van wonders is. Pippie se herstel is inderdaad ‘n wonderwerk en verskeie doktors en terapeute getuig daarvan in die boek.  Die boek, Pippie,  sal lesers  nie teleurstel nie.

 

 

 
 

Die Kruger-gesin by verlede Donderdag se boekbekendstelling in Lephalale.
Deoné Barnard was die gelukkige wenner van ‘n Pippie geskenkpakkie.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube