-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Mokopane Sakekamer se president, Gerrit van der Veen, is gekies as stigtingsvoorsitter van die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) se nuwe tak in Limpopo.
Hy gaan egter net tot Januarie in hierdie posisie dien wanneer Chris Vermeulen van
Bela-Bela sal oorneem. Van der Veen sal dan sy volle aandag aan die nywerheidsforum skenk, waarvan hy ook as voorsitter gekies is.
Limpopo AHI bestaan uit Hoedspruit,
Phalaborwa, Lephalale, Thabazimbi, Bela-Bela, Waterberg (Modimolle), Mookgophong, Mokopane en die groter Tzaneen area se sakekamers.
0 Comments