-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
“Jesus het my gesond gemaak en Hy kan ander kinders ook gesond maak,” so vertel Mikayla Robbertse terwyl sy die teddies en die Bybels wat sy al bymekaar gemaak het vir my wys.
Mikayla wat op vyfjarige ouderdom deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is en byna by die dood omgedraai het, weet wat dit beteken om vir weke in ‘n hospitaalbed te lê. Sy weet ook dat ‘n sagte beertjie en die wete dat Jesus by jou is, jou baie beter laat voel. Daarom het sy self besluit om die projek te begin. Mikayla wil graag vir kinders wat in hospitale in Lephalale lê hoop gee deur die beertjies, Bybels en bybelboekies uit te deel. Volgens haar voog, Charmain Robberts, wil hulle ook graag die projek uitbrei om kinders wat soos Mikayla in Steve Biko hospitaal in Pretoria behandel word, te bemoedig. Enigeen wat betrokke wil raak deur ‘n beertjie of bybelboekie te skenk, kan haar gerus by 076 714 5167 bel. Charmain en Mikayla bedank ook graag almal wat reeds
skenkings gemaak het. - Valerie Cilliers (valerie@noordnuus.co.za)
0 Comments