<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bewustheidsveldtog om renosters te red

 
Anton Fouché van Lephalale sleep ‘n lewensgroot renoster van Pretoria na Musina om aandag te vestig op die renoster se stryd vir oorlewing en om geld in te samel vir die oorlog teen renosterstropery.
News : 10 Sep 2013 212 Viewed 0

Hoe verder hy loop, hoe swaarder word die veselglasrenoster wat Anton Fouché van Pretoria al langs die N1-snelweg tot in Musina sleep. Die swaar lê in die rooi kolle op sy veselglasreplika wat elk nóg ‘n renoster verteenwoordig wat in Suid-Afrika geskiet is.
Anton het op 19 Augustus by die Kolonade winkelsentrum in Pretoria begin stap met die renoster wat hy op ‘n trollie saamsleep.
Die staptog is deel van ‘n veldtog genaamd ‘Lenaka la Tshukudu’ - Save our Rhino’s. 
Anton streef daarna om fondse in te samel vir die stryd teen renosterstropery en te gelyktydig die publiek van die renosters se lot bewus te maak en by die stryd te betrek.
Hy het verlede Donderdag in
Mokopane aangekom waar hy by die Maxis restaurant middagete geniet het en met die inwoners gesels het oor sy projek.
Maxis Mokopane het ook hierdie week ‘n insamelingsprojek gehou om tot die Lekana la Tshukudu fonds by te dra.
Vrydag was dit Hoërskool Piet Potgieter se beurt en het die leerders het met ‘n muntlegging R1152.65 vir die projek ingesamel.

 

 

 
 

Anton Fouché het Donderdag heerlik middagete saam met die bestuurspan van Maxi’s Mokopane geniet.
Hoërskool Piet Potgieter se Cas Badenhorst verwelkom Anton by die skool.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube