<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Hervormde Gemeente Ebenhaeser gaan positief vorentoe

 
Jaarlikse Hengel Kompetisie hierdie Saterdag by Mokolo Dam (ou Hans Strydom dam)
News : 13 Sep 2013 407 Viewed 0

Die HervormdeGemeente Ebenhaeserse jaarlikse hengelkompetisie vind eers-komende Saterdag by die Mokolo Dam plaas en daar is groot pryse op die spel. Die prys vir die swaarste Swartbaar is ‘n splinternuwe Toyota Etios. Die prys vir die swaarste Bloukurper is ‘n boot met ‘n Yamaha 5 perdekrag enjin terwaarde van R20 000,00.
Verder is daar ‘n hele klomp troospryse wat gewen kan word.
Die gemeente sien ook uit na die Safari-ete wat later vanjaar sal plaasvind en waar daar dié jaar ‘n klompie skape op die spit gebraai gaan word. Daar word ook alreeds beplan aan die Boererumoer vir
volgende jaar wat heel moontlik in die eerste kwartaal van 2014 gaan plaasvind. Saam met die Boererumoer is die gemeente besig om ‘n kompetisie saam te stel soos wat nog nooit gesien is nie. Daar sal later meer hieroor berig word. Gemeente Ebenhaeser kan die tipe funksies en kompetisies aanbied, omdat daar oor die algemeen ‘n baie positiewe gesindheid heers in die gemeente. Die gemeente is verder besig om onthaalgeriewe te ontwikkel vir eie gebruik, maar ook om te verhuur. Die gedagte is om die bestaande historiese kerk saam met die nuwe onthaalgeriewe te bemark as ‘n fasiliteit waar troues en ander funksies gehou kan word. Die gemeente het die jaar uitsonderlik positiewe groei in lidmaattal getoon en hul glo dat dit met die genade van die Here vorentoe net beter sal gaan.

 

 

 
 

'n Splinternuwe Toyota Etios is op die spel.
Ds. Kern oorhandig die 1ste prys aan Lorraine Naude wenner van 2012 se hengel kompetisie vir die swaarste Swartbaar.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube