-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Laerskool Krugerpark se leerders het gehore verlede week elke aand op hul voete gehad met applous vir hul puik revue: “Op reis na ‘n vêr vêr land”. Die skool het daarin geslaag om byna al 863 leerders op die planke te laat verskyn, met groot, fyn gechoreografeerde dans en sang groepe wat gehelp het om die storielyn oor poplap en die prins se paaie na mekaar se arms aanmekaar te weef.
Krugerpark verdien ‘n pluimpie of twee vir ‘n top gehalte produksie waar die beligting, kostuums, stel en toneelspel niks verraai van die klein Bosvelddorpie se laerskool waaruit die stuk gebore is nie. Stadskole in van die land se mees vermoënde woonbuurte sal sukkel om by hierdie jaar se revue kers vas te hou.
0 Comments