-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Graad 10 leerders van Hoërskool Piet Potgieter het hierdie kwartaal ‘n “Ubuntu Projek” gehad om te voltooi. Die taak het behels dat vrywillige gemeenskapswerk in die dorp en omgewing uitgevoer moes word. Die leerders het by verskillende instansies aangemeld waar behoeftes en tekorte voorkom.
Hulle het hul dienste vrywillig vir 15 ure geskenk. Die projek leer leerders om uit te reik en ander te help sonder vergoeding en vir die liefde van die saak. Die Graad 10 groep het die projek met ‘n positiewe gesindheid aangepak en het die drie weke baie geniet.
"Graag wil ons die volgende instansies bedank wat die Graad 10 leerders toegelaat het om hulp te verleen sodat hulle die taak kon afhandel: Abraham Kriel Kinderhuis, DBV, Wildteelsentrum, Speelparadys, Aletuke Daycare, SAV, North Crest Academy, Dienssentrum vir Bejaardes, Tula Tula Babahuis, Potgietersrus Ouetehuis, SAPS, Kinnerpark Kleuterskool, Pinky and the Brain Kleuterskool, Noodforum, Ortloffs Kindergarten, Learning lnd. en Sunrise Superkids.
Dankie ook aan elke Graad 10 leerder vir hul positiewe bydrae aan die gemeenskap, het die skool se bestuur gesê.
0 Comments