-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ellisras Hoërskool het hierdie jaar met sy revue van die gewone format afgewyk en ook items ingesluit met onderwyser-akteurs en Hansie en Grietjie Kleuterskool se 12-30 maande groepie. Mens kan beswaarlik glo dat sulke jong kindertjies afgerig kan word en sowaar luister. Dit was ‘n vertolking van toeka tot nou wat van Woensdag tot Vrydag te siene was. Die tema van die revue was: “Dis hoe ons rol”.
Dit het natuurlik die leerders groot pret verskaf om te sien hoe die onderwysers nie skroom om hulle talente ten toon te stel nie. Dit sluit onder andere ‘n dansie in, “Die Briels”, “Boer soek ‘n vrou” en die hoogtepunt van die onerwyser-vertoning was die hoof se optrede. Sy vertoning het ietwat deurmekaar geraak en liedere het gewissel van “Ma Donna Mobilè”, “Gee haar ‘n roos”, “Too sexy for my shirt” en toe “Don’t worry, be happy”!
Die ongelooflike voetpassies en liggaams-houdings van die hoof, Louis Campbell, wat met elke lied verander het, was verstommend. Geen mens kan na hierdie revue dink skool is saai en oninteressant nie.
Die leerders se bewegings was ingewikkeld-aanskoulik en die kleredrag pragtig. Mens kan werklik sien hulle het lank en intensief geoefen.
Die vertoning is saamgestel deur die kreatiewe Annelie Wessels wat elke jaar met ongelooflike idees voorendag kom. - Fransa de Beer
0 Comments