-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Hoërskool Piet Potgieter het verlede Woensdagaand sy top akademiese-, kultuur- en sport presteerders vereer tydens die skool se Lourier prysuitdelingsfunksie.
Iné Vorster (foto regs) was die skool se Dux-dogter met ‘n gemiddeld van 89% en Zander Bronkhorst (foto regs onder) die Dux-seun met ‘n gemiddeld van 86%. Anel de Vos is aangewys as Sportdogter van die Jaar. Sy is ook die Tweekampdogter van die Jaar. Gideon van der Walt is die seuns Tweekamp atleet van die Jaar. Simoné van Wyk is aangewys as die skool se Dogtersatleet van die Jaar en David Mofomme was die jaar se beste Seunsatleet.
Nita-Mari Nel was die Netbalspeler van die Jaar. Sy is ook aangewys as dogters Swemmer van die Jaar. Morné van der Bank is die seuns Swemmer van die Jaar. Stephan de Beer het die toekenning ontvang vir die Gholfspeler van die Jaar. Tumi Shirindi was die Hokkiespeler van die Jaar. Die Krieketspeler van die jaar was Rynhardt van der Merwe. Die dogters krieketspeler van die jaar was Zandalee Smith. Peter Tau en Sulize van Rooyen was die seuns en dogters Landloop Atlete van die Jaar.
Hansie Engelbrecht en Janke Blount is Piet Pot se Tennisspelers van die Jaar. Janco Meiring is aangewys as die Skut van die Jaar.
Elizabeth Moraba was die skaakspeler van die jaar en die Rugbyspeler van die jaar vir 2013 was Driekus Kleynhans.Besoek ons webwerf by www.noordnuus.co.za vir foto’s van die toekennings.
0 Comments