<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rooi ballonne skreeu teen bloed

 
News : 18 Oct 2013 117 Viewed By Jasper Raats 0

Sonette Bridges se Rooi Oktober-veldtog om die publiek bewus te maak van moorde op blanke mense het Donderdagoggend in Mokopane deur ‘n groepie vriende en familielede van Pieter Grobbelaar gestalte gekry. Grobbelaar is twee jaar gelede tydens ‘n rooftog doodgeskiet.
Sy suster, Valerie, het die Mokopane samekoms gereël. Sy sien om na haar broer se twee kinders, Zoë en klein Pieter (foto). Hulle biologiese ma is nie finansieel in ‘n posisie om vir hulle te sorg nie. Sy het in ‘n kort toespraak gesê die wêreld moet kennis neem van die volksmoord op blanke mense. Daarna is rooi ballonne in die lug vrygelaat om aandag te vestig op die bloedvergieting as gevolg van misdaad in Suid-Afrika. - Jasper Raats (jasper@noordnuus.co.za)

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube