-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
“Wat beteken hi-ber-na-sie?” vra Boeta uit die kombuis waar hy sit en huiswerk doen. Ma wil nog antwoord maar Oom Willy maak so slag keel skoon en roep vir Boeta nader. Ma vererg haar maar dis te laat, hier kom in storie al twyfel ek nou so in die stilligheid of Oom Willy mooi sal weet van hibernasie.
“Ek het ook al ? keer of wat gesien hoe werk hibernasie.” begin Oom Willy vertel. Ons kinders los almal ons huiswerk om te luister. Ma sê niks want dis mos kamtig ? les wat ons kry!
“Een jaar koop ek mos vir my ? splinternuwe trokkie met die bank se geld. Nou laat ek julle nou vertel, as jy met die bank se geld ? trok koop, dan werk jy mos ook vir die bank. Die rente is aan die hoë kant en ek moet ry om genoeg geld te maak dat die vrou en die bankbestuurder darem tevrede bly. Die boere teen die Palala het dié jaar groot geplant en elke dag laai ek ? vrag waatlemoene vir Pretoria se mark.
As ek omdraai by die mark dan gaan bel ek die vrou van ? tiekieboks af om te hoor watter boer wag vir my met die volgende vrag. Vir ? slapery kry ek net so nou en dan kans. Tussen die boere wat hul waatlemoene op die mark wil kry en die bankbestuurder wat geld soek maak ek omtrent nie ? oog toe nie!
So gebeur dit toe dat ek een middag bietjie vroeër as gewoonlik klaar gelaai het en toe ek daar buite Warmbad op my horlosie kyk sien ek mos ek gaan net mooi dieselfde tyd as die ander trokke op die mark kom. Ek besluit toe sommer om langs die pad af te trek en ? bietjie te rus.
Ek drink van my bottel tee en eet ? paar toebroodjies en loop ? keer of wat om die trok om seker te maak alles is nog reg maar toe ek weer op my horlosie kyk sien ek daar Is nog hope tyd. Dis toe wat ek ? ding doen wat ? moeë man nooit moet doen nie. Ek besluit om net vir so ? klein rukkie te gaan skuinslê. Daar is nog hope tyd en wie wil nou staan en wag om af te laai? Die trokkie trek ek heel weg van die pad dat hy so skuins onder ? mooi groot boom staan. Ek skuif my lekker reg om so ? vinnige uiltjie te knip voor ek verder ry.
Nou as ? man vir ? maand of drie nie geslaap het nie is hy behoorlik moeg en dan moet hy een of ander tyd daardie slaap weer inhaal en slaap is ? geduldige ding maar hy laat hom nie voorskryf nie.
Die hele land het na my begin soek. Eerste ou Fires want die mark het gewag dat sy vrag waatlemoene inkom. Toe die vrou want sy het mos die vragte gereël, maar Willy was net weg. Vermis. Van die aardbol verdwyn. Mense het op die draadloos uitgesaai maar ek was weg. Ek het gehiberneer.
Eers toe Warmbad se plotmense kla oor die lawaai oorkant die hoofpad het die polisie gaan kyk watse groot partytjie daar sommerso langs die pad is. Man, dit was glo nou vir jou ? ding. Niemand kon dit naby die trok waag nie. ? Hele trop bobbejane het om die trok rond gesit en gelê en lawaai dat hoor en sien vergaan! En was hul parmantig! Die polisie moes vlug vir hul lewe toe hul daar stop.
Een van die slimmes het selfs die stasie op die trokkie se radio veran-der om bietjie jongmensmusiek te luister. Ander het weer lawaai en baklei, kompleet nes ? spul mense op ? rowwe partytjie! Van vroeg tot laat was dit net een hengse bobbejaanmakietie.
Eers kon niemand verstaan wat aan die gang is nie tot een van die jong poliesmantjies ? ruk lank in die lang gras gelê het en die storie dopgehou het. Aan die een kant van die trokkie het so ? groot bobbejaanmannetjie die ander in ? tou laat staan. Een vir een het die bobbejane dan vorentoe gekom en reg onder die hoek van die trokkie se bak het die kees dan oopbek gestaan en van die lekker waatlemoenbier wat uit die trokkie tap in sy bek opgevang.
As die een dik gesuip is het die volgende een weer nader gestaan. So het dit dag vir dag gegaan en
niemand kon naby die trok kom om my wakker te maak nie! Eers toe ek al my slaap ingehaal het en klaar gehiberneer het, het ek wakker geword.
Teen die tyd was die waatlemoenbier al op, die bobbejane vort, die vrou wou my skei en ek moes net keer of die bankbestuurder wil die vragmotor terugvat. Die trokkie het natuurlik soos ? waatlemoenshebeen geruik en ek het eintlik so half gewens die bankbestuurder wil hom kom haal!
0 Comments