-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vrydag was Oupa en Ouma dag by Laerskool Krugerpark. Oud en jonk het gewys grys groot pret kan wees.
Eers het die jong oupatjies en oumatjies vir groot vermaak gesorg toe hulle in klasverband oor die verhoog geparadeer het. Zia Boltman en Kinna Wessels het almal se grootouers getrakteer met stukkies wat hulle voorgedra het en die junior koor het met sang vermaak.
Uit elke klas is daar ‘n eerste en tweede plek toegeken aan die mees oorspronklike jong oupa of ouma en dan is daar wenners aangewys uit die klasse se eerste plekke. Ds. Hennie Nel van die Hervormde Kerk, Mariaan van Tonder van die Ouetehuis en drie lede uit die gehoor is aangewys as beoordelaars.
Die skool se Oupa Ouma dag is verlede jaar vir die eerste keer aangebied as fondsinsamelings inisiatief om vir die Piet Potgieter Monument Ouetehuis geld in te samel. Daar is tydens Vrydag se verrigtinge weer ‘n tjek van R7010 aan Van Tonder oorhandig. Krugerpark se Retha Ehlers het verduidelik dat dit die skool se manier is om bietjie terug te gee aan die gemeenskap wat so baie tyd, energie en geld in die skool inploeg elke jaar.
Na afloop van die verrigtinge op die verhoog het oupas en oumas heerlik saam met hul kleinkinders op die skoolterrein gaan piekniek hou. Die kinders het piekniekmandjies saamgebring skool toe om hul grootouers te verras.
0 Comments