<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krugerpark sê totsiens vir geliefde onnie

 
mev. Cielie Moster
News : 01 Nov 2013 151 Viewed 0

Na 24 jaar se getroue diens as onderwyseres by Laerskool Krugerpark in Mokopane, gaan mev. Cielie Mostert die skool nou verlaat om saam met haar man, Pieter, na hul nuwe sakebelange in Montana, Pretoria om te sien.
Sy het haar onder-wysloopbaan 26 jaar terug by Laerskool Krugerpark begin as aflospersoneel vir slegs een kwartaal. Daarna is sy vir twee jaar Laerskool Pietersburg Suid toe voordat sy weer teruggekeer het na Laerskool Krugerpark.
Sy was hoofsaaklik ‘n Graad 2 onderwyseres en was ook ‘n ruk aan die Hulpklas verbonde. Die afgelope sewe jaar was sy die HOD van die Grondslagfase (Graad 1 - 3). Die laaste paar jaar was vir haar die heel lekkerste by Graad 1 leerders.
Sy sê haar loopbaan in die onderwys het baie fasette van haar persoonlikheid en belangstellings aangevul: kuns - teken dikwels die spelwoorde se prentjies, drama - was organiseerder van revues, musiek - speel graag vir leerders kitaar.
Sy gaan die Krugies, die dorp en sy mense baie mis, maar sien uit na hul nuwe lewe in Pretoria.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube