<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kleingeld vir Kanker gaan groot!

 
Die 'Cupcakes' is: (voor) Leani van der Westhuizen, Eileen Labuschagne en Charmaine Robbertse. Agter is Elma Mynhardt, Monique Swanepoel, Adri van Rooyen, Susan Holtzhauzen en Yolanda Kay.
News : 08 Nov 2013 138 Viewed 0

As Charmain Robbertse van Lephalale 'n idée in haar kop kry, gaan sy voluit om dié droom te verwesenlik. Saterdag se Kleingeld vir Kanker by die Mogol klub was 'n voorbeeld van wat 'n groepie vasberade vroue kan vermag. 
Onder leiding van Charmain en haar Cupcake span, is daar binne drie weke borge, kompetisies en stalletjies gereël om die Kleingeld vir Kanker dag 'n groot sukses te maak. Met heerlike musiek en 'n vertoning deur die Vetus Schola dansers was daar beslis nie ‘n tekort aan vermaak nie.  'n Reuse modelkompetisie het ook deel uitgemaak van dié besonderse dag. Morné Blignaut van Thyme Catering het gesorg vir ‘n  ‘Monster Roll’ - Eet Kompetisie. Mense het gesmul aan heerlike kos van verskillende stalletjies terwyl die kleingoed hulle selfversierde cupcakes verorber het. Die manne het groot pryse gewen met die skyfskiet- en looitjiestrek kompetisies, waaronder meer wildkarkasse en kos pakkies. Yolandie Kruger van Meilleur Tuisgebak  het gesorg vir smullekker soethappies en het haar deel vir kanker gedoen deur die "Survivors" te
bederf met 'n heerlike stuk koek en vars koffie.
Maar die dag het gegaan oor diegene wat moedig ‘n stryd teen kanker voer en dié wat reeds die stryd oorwin het (survivors, soos hulle by Kansa genoem word). Die Cupcakes, kanker ‘Caregivers’ asook lede van die Ellisras Voortrekker Kommando het die kanker ‘survivors’ en huidige vegters na die verhoog  op die maat van “Amazing Grace” gelei.  Mense se harte is diep geraak en trane het vrylik gevloei.
Die Cupcakes se mikpunt was aanvanklik om R5000 vir Kansa in te samel,  maar na ‘n baie suksesvolle dag en na al die geld hierdie week ingekom het is R11 020.55 ingesamel. ‘n Tjek van R8 975.95 is reeds  Saterdag aan Kansa oorhandig.
Dis nie die laaste wat ons gaan sien van die Cupcake span nie. Die dames het na Saterdag gesê hulle pak Januarie 2014 hulle volgende gemeenskapsprojek aan.  Die gemeenskap is trots op hierdie groepie passievolle vroue wat nie skroom om die ekstra myl vir hulle medemens te loop nie.  Graag bedank die Cupcakes al die borge, skenkers, helpers, en die publiek vir almal se bydrae sodat hierdie dag so groot sukses kon wees.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube